
In ’n Gallup-navorsingstuk dui 41 persent van die mense aan dat hulle daagliks gespanne is. 78 persent ervaar hoë vlakke van spanning op ’n gereelde basis. In dieselfde ondersoek het 40 persent van die deelnemers aangedui dat hulle altyd of baie gereeld nie tyd het vir ontspanning nie. Dis baie slegte nuus vir ’n gesonde gesinslewe. Ouers is doodgewoon nie meer rustig nie. Nee, ouers is onrustig, daarom gejaagd, ervaar hoë spanningsvlakke, en baie daarvan word op die kinders oorgedra of dit vryf in elke geval af.
Omdat ouers so jaag en so gesteld is op prestasie, word dit ook op kinders afgeforseer. Hulle moet presteer wat sport, kultuur en akademie aanbetref. Die wonderlike skrywer Timothy Smith beskryf in sy boek Connecting with Your Kids die 10 dinge wat jou kind die meeste frustreer:
-
Moenie met jou jonger kind ’n hegte band vorm deur byvoorbeeld met hom te speel nie. Moenie jou tyd en aandag vir hom gee nie.
-
Glo dat professionele kinderoppassers voldoende is om jou skoene as pa en ma vol te staan.
-
Moenie jou kinders vertroetel, vir hulle lees, gesels of met hulle speel nie.
-
Ignoreer alles wat gaan oor gesonde grense en dissipline, asook reëls en roetines.
-
Moenie jou kind voorstel aan jou morele waardes en Christelike standaarde nie. Laat hulle dit self ontdek.
-
Gee jou kind al die vryheid en beheer oor hulle eie lewens.
-
Leef jou lewe deur jou kind. Haar sukses is joune. Haar mislukkings is joune. Jou kind se prestasies laat jou beter voel oor jouself.
-
Moenie jou kind ooit verantwoordelik hou vir hulle dade en optredes nie. Daar moet geen gevolge vir hulle gedrag wees nie.
-
Druk jou kind om te presteer in rigtings waarin hy of sy glad nie talente ontvang het nie.
-
Moenie jou tyd mors om met jou kind te gesels oor belangrike en relevante aangeleenthede nie.
Geskryf deur Johan Smith
Ritme Leierskap kom Kaap toe!
Leierskap het ’n ritme en op 25 Maart slaan daardie ritme vas in die Kaap. Kom kuier en dink saam oor LEIERS wat DROOM by Vredelust Gemeente, saam met STEPHAN JOUBERT en JOHAN SMITH.
Vredelust Gemeente, Boston, Kaapstad
09:00 – 13:00
Kaartjies beskikbaar op Computicket
As jy weer wil droom, en leer hoe om daardie drome met wysheid te lei, hier is jou oomblik! Die Kaap wag.