Die naam VitaAmp verduidelik ons visie en bestaan. ‘Vita’ beteken lewe in Latyns en ‘Amp’ is die afkorting van die engelse woord “Amplified”. Jesus het gekom sodat ons vandag in oorvloed kan leef soos belowe in Sy woord. Ons wil mense toerus om weer te kan leef met die oorvloed wat Jesus vir hulle beplan het: in jou gesin, in jou huwelik, in leierskapposisies en as dinamiese jongmens.
Gesinne
Gesinne vandag val uitmekaar. Ouers voel oorweldig en onkundig deur die eise wat ouerskap vandag aan hulle stel. Die dekadente, verwoestende wêreld maak die taak soveel moeiliker. VitaAmp bou ook in huwelike in as die hoeksteen vir gelukkige gesinne. Met jarelange ervaring en die nuutste navorsing is dit VitaAmp se passie om ouers toe te rus en weer te help om ouerskap ‘n vreugde te maak.
Sessies Aangebied
- Die Bybel en die gesin
- Gesonde verhoudinge in die gesin
- Die gesin as span
- Grense & Dissipline
- Waardes in die gesin
- Effek van tegnologie op die gesin
- Gesinbates vir gesonde gesinne
- Die belangrike rol van pa en ma
- Die huwelik en kinders
- Vele meer…
Leiers
Skoolhoofde, onderwysers en geestelike leiers beleef erge druk van kinders, ouers en onvergenoegde gemeenskappe. Hierdie leiers ontvang min bemoediging, toerusting en motivering. Dit is VitaAmp se passie om hulle te inspireer en toe te rus om daagliks voluit op te offer en nog steeds staande te bly.
Sessies Aangebied
- Inspirasie en geestelike inbou
- Investering in leierskap
- Kennis oor die waarde wat hul toevoeg
- Lewensvaardighede soos kommunikasie, diensbaarheid en tydsbestuur
- Die effek van jou verlede
- Dien met die regte gesindheid
- Selfbestuur
- Vele meer...
Jeug
Jongmense vandag het reuse uitdagings in ‘n dekadente wêreld met identiteit, emosionele pyn, waardes en geweldige druk. VitaAmp leer hulle die vaardigehede om in ‘n gebroke wêreld met selfvertroue te leef.
Sessies Aangebied
- Christelike waardes
- Leierskapontwikkeling
- Verslawings: Drank, dwelms, pornografie, tegnologie
- Gesag en grense
- Diversiteit
- Genade in 'n wêreld propvol eise
- Vele meer…