VitaAmp

Leierskap vra respek

Geen suksesvolle leier in die verlede was by almal gewild nie. Geen suksesvolle leier is nie gereeld gekritiseer nie. Geen suksesvolle leier het gelei en sy/haar hoofmoetief was gewildheid nie. Nee, suksesvolle leiers is mense wat verstaan dat leierskap uitdagend en soms baie moeilik en swaar is. Hulle word gedryf en aangevuur deur vooruitgang. Hulle sien ‘n prentjie en doen alles in hulle vermoë om die regte ding te doen dat die prentjie kan realiseer.

John Halter skryf baie briljant en uiters uitdagend oor leierskap:

My first rule is, “Leaders must be Tough.” No one is going to follow a wimp into battle.  A leader who cannot deal with adversity and difficulty while keeping their cool and delivering solutions will quickly be disregarded by the team.  And even worse, a Leader who does not know where he stands will find himself standing alone.

Leiers se koppe raak lelik deurmekaar met die twee konsepte “nice” en “mean”. In baie mense se koppe is jy een van die twee. Jy is of die een of die ander – daar is niks tussen-in nie. “Mean” beteken dat jy nie ‘n goeie woord vir iemand te sê het nie, jy deel nooit komplimente uit nie, jy toon nie waardering nie. In kort, jy breek mense af en jy is hard. “Nice” aan die anderkant beteken dat jy altyd glimlag, alles van almal aanvaar en met almal saamstem. Jy wil graag jou span se vriend wees. Jy wil graag almal tevrede stel en almal moet van jou hou. Nou ja, vir baie leiers is dit die twee keuses: jy is of “mean” of “nice”. Hoe waansinnig! Hoe verkeerd!

John Halter help ons weer baie mooi:

I bet every teacher, coach, boss or friend you ever respected (not just liked) was tough.  Some of them may have been dynamic and some of them might have been quite souls, but they were tough. They expected more out of you, they expected your best and you gave it to them.  

Leer dat leierskap uiteindelik gaan oor respek. Nie een van “nice” of “mean” gaan jou help om respek te verdien by mense wat jou volg nie. Nee, een belangrike woord wat mense bring by respek is eerlikheid. Jou eerlikheid ter wille van iemand anders se groei en verbetering is absoluut noodsaaklik. Neem kennis dat eerlikheid is as gevolg van omgee en as gevolg van liefde. Eerlikheid is dus nie brutaal of “mean” nie. 

In kort: Nie “mean” of “nice” lei tot respek nie. Daarom, ter wille van jouself en ter wille van elke mens wie jy lei, leer die vaardigheid van eerlikheid in liefde aan.

Geskryf deur Johan Smith

Terug na bo