top of page
mieke9902

Is later die regte tyd?

Baie mense glo God is 'n pretbederwer en wil geen mens enige vreugde of geluk op aarde gun nie. Jy kan dalk glo Hy wil hê dat jy omtrent in ‘n klooster moet inboek en alles wat vrolik en opgewonde is moet agterlaat om stug, ernstig en selfs onvriendelik die lewe in te gaan. Lees wat sê Lukas 18: 29-30 vir jou:


En Jesus antwoord: “Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van die koninkryk van God afgesien het van huis of vrou of broers of ouers of kinders nie, of hy ontvang in hierdie tyd al baiekeer soveel terug, en in die tyd wat kom, die ewige lewe.”


Daar is soveel mense wat openlik teen God kies en leef en geen geheim daarvan maak nie. God en sy Vaderhart speel geen rol in hulle lewe nie. Deur byvoorbeeld woes te vloek, te drink en allerlei ander sonde te doen, maak hulle hulself wys dat hulle gelukkig is en geen sorge in die lewe het nie. Hulle glo doodgewoon die leuen dat jy die lewe kan geniet sonder God. Dis mos onmoontlik om eerlik met jouself te wees en jouself wys te maak dat jy uiters gelukkig en vol vreugde is, terwyl jy die vooruitsig het dat jy die hemel saam met God gaan mis. En ja, lewe in oorvloed is nie net vir eendag bedoel nie. Dis vir nou! Dis vir elke dag ten spyte van die seer en uitdagings van die wêreld. Jesus is met jou. Hy is by jou - in jou blyste bly en jou seerste seer.


Horace Bushnell het die volgende waar woorde gesê:


Dit help nie om blydskap te agtervolg nie, dit is iets wat vanself na jou toe kom as jy met jou hele lewe na God gegaan het.


Daarom, weet dat slegs ‘n kind van die Here rede het om te glimlag en op en af te spring van blydskap. Hierdie lewe op aarde gaan verby en jy gaan dit verruil vir ‘n veel beter lewe saam met God - vir ewig! Daarom maak soos 2 Korintiërs 6: 2 vir jou sê. Hoekom langer uitstel en die leuens van die vyand glo. Hy beroof jou van groot blydskap en baie vreugde:


Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp. Kyk, nou is die regte tyd, nou is dit die dag van redding.”



17 views0 comments

Recent Posts

See All

Commentaires


bottom of page